Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA druip toets van goeie maniere

Hoe gemaak met ’n land wat stukkend is en kreun van die pyn terwyl hy verniel word?

Ons gaan nou al geruime tyd deur ’n tydvak van wetteloosheid wat tot ’n chaos gelei het en die beeld van ons land keer op keer skaad. Die regering wat verantwoordelik is, sukkel om die reg en orde te handhaaf. Vandale en misdadigers kry keer op keer die oorhand.

So, wat staan ons te doen? Gaan ons die toestand só aanvaar, of is daar ’n oplossing?

Wat ek wel weet, is as ons nie die klein dingetjies reg kan doen nie, gaan ons ook nie die groot dinge baasraak nie.

Ek beweeg baie op straat en let dan op na mense se gedrag. Eerstens groet ons mekaar nie eens nie, maar roem ons daarop dat ons ’n reënboognasie is. Die een wag op die ander om dag te sê. Ons kyk mekaar eerder agterdogtig aan, soos vreemdelinge.

Ons bemors die omgewing. Rommel val outomaties uit ons hande. Iemand anders moet agter ons skoonmaak. Plastiek versier ons bome en die omgewing.

Skaamteloos word die straat as toilet gebruik, links en regs word gespoeg en is mense dronk op straat, asof dit so hoort.

Op ons paaie is ’n slagting. Onskuldige mense verloor hul lewens en word ernstig beseer, maar ons motoriste wil nie deur padreëls lastig geval word nie en gaan eerder gal af oor die wetstoepassers wat ons moet beskerm.

Die manier waarop ons met mekaar kommunikeer, is met min of geen respek nie. Elkeen beskou hom- of haarself as meerderwaardig teenoor ander. As dit met my goed gaan, is ek jammer om van jou probleme te hoor. Dít is ons houding!

Dit is maar net ’n paar voorbeelde van basiese reëls waarop ’n gesonde samelewing gebou moet word, maar ons druip die toets. Dit is vir my ’n teken dat huishoudings nie in orde is nie.

Hierdie waardes moet vroeg in ’n mens se lewe vasgelê word. Dit is nie die owerheid se werk om ons goeie maniere te leer nie. Ons land se probleme het hul oorsprong hierin.

’n Groot aantal ouers versuim hul plig en die gevolge is vanselfsprekend. Ek kyk na protesoptredes, vandalisme en misdaad wat met onluste gepaard gaan, en sien dat die oorsaak nie elders gevind word nie.

Ons huis is op sand gebou, pleks van op rots. Die gevolge is voor die hand liggend.

Meer oor:  My Stem  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.