Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA geseënd met leiers in krisistye

“Cometh the hour, cometh the man.”

In die twee groot krisistye van ons onlangse verlede en huidige tyd, was en is ons geseënd met Nelson Mandela en Cyril Ramaphosa.

Dink net wat nou sou gebeur het met van die ander leiers wat ons land al gehad het.

  • PW Botha sou nie die pandemie se Rubicon kon oorsteek nie;
  • FW de Klerk sou, maar sonder ubuntu in sy hart sou hy ekstra voordeeltjies vir sy groepie gesoek het;
  • Thabo Mbeki sou die epi­demie eers ontken en dan met ’n Manto Tshabalala-Msimang “Dr Beetroot”-plan vorendag gekom het; en
  • Jacob Zuma sou met “Um­shini wami”, die Guptas en Roy Moodley geld uit die pandemie wou maak.

Hopelik hou die wapenstilstand van toksiese dwars­trekkers nog lank, terwyl ons almal saam met ons president worstel om met thuma mina die koronavirus te takel.

Viva Mandela. Bravo, Cyril!

Meer oor:  Mystem  |  President  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.