Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA kan nie sake soos dié bekostig

Saterdag is ons almal oorweldig deur die prestasie van ons Springbokke. Veral die manier waarop die span mekaar ondersteun het, het ’n warm gevoel by ons almal gelaat. Spelers, wit en swart, het mekaar omhels wanneer een iets goeds gedoen het.

Maar toe hulle die beker só saam omhooghou, tref dit my: Wanneer hulle terug in Suid-Afrika is, wag daar twee hofsake: ’n strafregtelike klag van rassehaat teen Eben Etzebeth, en ’n skadevergoedingseis vir naamskending teen die MRK.

Na my beskeie mening kan ons nie sulke hofsake bekostig nie. Ongeag wie wen, sal dit ons mense net verder verdeel. En ons het nie verdere polarisasie nodig nie.

Kan ons nie die strydende partye kry om albei te sê hulle is jammer en hand te skud nie? Ek sien al vir Etzebeth Langebaan toe gaan om die mense daar te ontmoet. En hoe adv. Buang Jones van die MRK opstaan en sê hulle is in belang van samehorigheid bereid om hul saak terug te trek. Miskien kan ons die euforie van laas Saterdag so inspan om ons land ’n gelukkiger plek vir almal te maak.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.