Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA kan trots wees op jong uitblinkers oorsee

’n Mens is nie altyd bewus van Suid-Afrikaanse studente se prestasies nie.

Ek het onlangs langs een te lande gekom op ’n vlug terug na Engeland.

William Matthewson is maar 24 en deur die Universiteit van Genève genooi vir doktorale studies in kosmologie. (Is dit dalk ’n eerste?)

Sy honneurs- en meestersgraad het hy reeds op ’n vroeë ouderdom verwerf.

In sy vrye tyd speel hy graag klavier, tjello en orrel.

Dit is egter sy minsame en nederige geaardheid wat my sal bybly, asook sy liefde vir Suid-Afrika (veral Kaapstad waar hy aan die Universiteit van Wes-Kaapland gestudeer het) en sy familie wat hom aanmoedig om kanse te benut ondanks die diabetes waarmee hy onlangs gediagnoseer is.

Suid-Afrika het baie om op trots te wees met sulke jong mense in die buiteland.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Oorsee  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.