Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA kort katte wat die muise kan vang

Nhlanhla Nene is die tweede eerbare ANC-lid waarvan ek weet sedert 1994.  Die eerste was Smuts Ngonyama wat openlik erken het dat hy nie by die "struggle" aangesluit het om arm te bly nie.  Doodeerlike man, nie soos talle van sy mede-kaders wat ywerig gesteel het, maar dit nooit erken het nie.

Ongelukkig het Nene se bekentenis en sy daaropvolgende ongehoorde verdere eerbare optrede om sy bedanking aan te bied, tot sy afdanking gelei.

Nou wil ek nie beweer dat Nene 'n besonder bekwame man is en dat sy uittrede 'n verlies vir die kabinet is nie.  Tito Mboweni is waarskynlik net só  goed.

Wat egter opvallend bly, is 'n skreiende skaarste aan wit ministers in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet is.  Klaarblyklik is daar geen bekwame witte hier te lande meer oor nie. Almal met verstand het reeds die sinkende skip verlaat en die wat agter gebly het, is of te oud en afgeleef om elders welkom te wees, of net te onbekwaam om elders 'n heenkome te kan uitbeitel. Gevolglik is daar klaarblyklik slegs 'n paar nuttelose wittes oor.   

Hoe anders moet ons dit verstaan?

Volgens een of ander antieke ANC-dokument, vergeel en lankal vergete, is al die bewoners van hierdie ou landjie gelyke burgers met gelyke regte en aansprake.

Ramaphosa wil glo graag die ekonomie verlewendig en vooruitgang bewerkstellig. My advies aan hom sou wees om soos Dionald Trump te maak - hy soek mense uit wat bewese bekwaamheid het, stel hulle aan en vereis dan dat hulle binne die vasgestelde tyd en begroting hul taak uitvoer. So nie, word hulle vervang deur mense  wat dit wel kan doen.

Nie juis baie politiek korrek nie en ook nie welkom by die ou garde wat gewoond is aan komitees en sub-komitees en jarelange samesprekings om die tafel nie, maar wel doeltreffend.

En dit is wat ons benodig - doeltreffende optrede.  Daarvoor benodig ons doeltreffende mense, mense met bewese talent, werkywer en toewyding. Katte wat muise vang, ongeag die soort of kleur. As 'n Siamees die beste is, dan wil ek 'n Siamees hê, en as dit 'n gewone baster huiskat is, dan daardie ene.

'n Muisvanger, nie een wat net slaap en vreet en al hoe vetter en vetter word nie.

As Ramaphosa sukses wil behaal, dan sal hy doeltreffend moet optree. Ongelukkig het hy weer onlangs met allerhande sosialistiese, uitgediende, politiek korrekte praatjies gekom, klaarblyklik bedoel om stemme te werf, en wankel hy nog steeds op sy voetstuk.

As hy so voortgaan, is hy klaarblyklik nie die man nie, net nog 'n politieke kêreltjie.

Meer oor:  Welgemoed  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.