Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA kort nasionale tenderkomitee

Elke dag se nuus is deurspek van die een of ander vorm van bedrog en/of korrupsie.

Is dit nie tyd dat ’n nasionale tenderkomitee van afgetrede ingenieurs, regslui en rekenmeesters aangestel word nie? Integriteit is die belangrikste vereiste.

Die koste van sodanige komitee sal al in die eerste maand vergoed word uit besparings.

Die komitee, wat ’n redelike sterk span gaan vereis, moet alle tenders hanteer – dit wil sê van alle departemente in die nasionale, provinsiale en munisipale sfere van regering. Enigiets wat per tender bekom word, deur enige van hierdie sfere van regering, moet na die komitee verwys word.

Daar kan selfs oorweging geskenk word om openbare entiteite soos Prasa, die SAL, Eskom en andere ook hierby in te sluit.

Die komitee moet ook bemagtig word om ’n sentrale databasis van geskikte en eerlike tenderaars op te bou, en sal gevolglik oor ’n baie sterk IT-afdeling moet beskik.

Hulle sal regstreekse skakeling met die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom en die departement van binnelandse sake moet hê om tenderaars en hul belange maklik te kan identifiseer.

Laastens sal die komitee regstreekse skakeling met die SA Inkomstediens moet hê vir belastingklarings (BTW en andersins).

Vergoed hierdie span teen 10% van alle besparings. Hulle gaan binne ’n jaar multimiljoenêrs wees.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.