Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA neig weer na muishond-status

Anton van Niekerk toon aan in “Moedskep vir die toekoms (07.09) dat Suid-Afrikaners moed verloor het. En dan rits hy die faktore af waarom, maar met geen kritiek op die ANC nie.

Laat ons maar eerlik wees, die apartheidsregering was gruwelik en die post-1994-regering is nie ’n aks minder gruwelik nie.

Van Niekerk voer aan dat PW Botha met sy Rubicon-toespraak die waarde van die rand die grootste nekslag tot nog toe toegedien het. Dit is eenvoudig onwaar. Die algehele verswakking van die rand nadat Zuma min. Nene afgedank het, was erger.

Dit is interessant dat die waarde van die rand teenoor die VSA-dollar in 1994 sowat R3,50 was. Dit was nadat SA die planeet se muishond was, en internasionale sanksies teen ons ingestel is.

Met die koms van die demokratiese regering was ons die wêreld se engel, almal het hier kom belê. Kort daarna het die wêreld een van die grootste bulmarkte in kommoditeite ervaar, spesifiek weens die opkoms van China en ander ontluikende markte. En ons kon in ieder van daardie vraag na grondstowwe voorsien. Maar wat het gebeur? Ons is weer terug op pad na muishond-status. Die waarde van die rand het hand oor hand verswak, nie net teen die dollar nie, ook die pond en legio ander.

Waarom verduidelik Van Niekerk nie die redes grondliggend aan bovermelde feite nie? Ons lesers sal graag sy intellektuele inset in dié verband waardeer.

En as hy dit klaar verduidelik het, kan hy ook uitspel waarom ons positief moet wees behalwe om na die verlede te verwys. Daarvan het ons nou eenmaal genoeg gehoor. Kom prof. Van Niekerk, wys ons wat presies ons positiwiteit moet voed.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.