Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA reeds getransformeer vir nuwe wêreldorde

Namate mense ouer word, neem sommige se bekommernisse dikwels toe. Die wêreldwye verval en agteruitgang van die Christendom vind ek kommerwekkend. Bestaan daar ’n meer fundamentele verskuiwing met ernstiger toekomsimplikasies as dit?

Derduisende stroom na vermaaklikheidsfeeste en sportbyeenkomste terwyl gemeentes sterf, want kerkbywoning daal, kerke loop leeg, kerkdeure gesluit en -geboue verkoop. Postmodernisme verklaar die kerk irrelevant. Wat lê aan die wortel hiervan?

Die dryfkrag na ’n getransformeerde nuwe wêreldorde (NWO) – een wêreldparlement, polisie- en weermag, onderwys-, juridiese, monetêre stelsel en een godsdiens – neem vinnig toe.

In sy boek Mind Siege noem dr. Tim La Haye dié snel ontwikkelende wêreldgodsdiens Sekulêre Humanisme (SH). SH het ontwikkel uit religieuse humanisme, onderweg na Planetêre Humanisme. SH verwerp Bybelse teïsme as mities en onwetenskaplik.

SH word veral in die VSA en Europa deur onderwysinstellings, die media en talle organisasies versprei. SH-indoktrinasie moet die jeug vir NWO-burgerskap voorberei. SH oefen ook toenemend invloed uit op regerings.

Ateïsme, evolusionisme, amorele leefstyle, menslike selfgenoegsaamheid en globalisering is kenmerkende transformasie-agente van SH.

Voorheen, sensusgewys, hoofsaaklik Christelik, is Suid-Afrika reeds tot sekulêre staat getransformeer in navolging van die wêreldgemeenskap onderweg na Planetêre Humanisme.

Meer oor:  My Stem  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.