Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA sal Zim-pad stap met NGV

As gebore Noord-Kapenaar en in my AfriForum-hoedanigheid het ek saam met kollegas die openbare verhore oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) in die Noord-Kaap bygewoon.

In Kimberley en Upington is ek oorgeslaan om my standpunt te stel. In Springbok is ek ook nie praatkans gegee nie en ingelig ek kan skriftelik kommentaar lewer omdat die verhoor ’n uur vroeër as beplan klaarmaak.

Die NGV is nié die antwoord vir ons gesondheidstelsel nie. Die probleme is korrupsie, lae moraal en ’n tekort aan verantwoordelike mense. Geen geld gaan dit oplos nie. Enorme bedrae (4% van die bruto binnelandse produk en 15% van die totale staats­besteding) gaan reeds aan gesondheidsorg. Tog sien ons min resultate en is die lewensverwagting veel laer as in ’n land soos Mexiko.

Só ’n stelsel sal slegs die deure oopmaak vir nóg korrupsie. Belastingbetalers kan nie langer terugsit en kyk hoe hul geld verder gesteel word nie.

Sinkende, korrupsiegeteisterde staatsondernemings kry reddingsboeie van R467 miljard. Dit is R100 miljard meer as wat vir die NGV begroot word. Die regering red eerder korrupsiegeteisterde instellings as sy eie mense.

Word die NGV deurgevoer, verloor Suid-Afrikaners hul reg tot keuse. Daarmee saam sal versnelde emigrasie plaasvind van mense wat hierdie skema moet finansier. Mense sal uit die land gedryf word. Jou dokter en verpleegster gaan saam met jou buurman emigreer.

Ryk lande soos Frankryk en Engeland kon nie van soortgelyke stelsels ’n sukses maak nie. Selfs die Wêreld­gesondheidsorganisasie sê niemand kon dit nog doen nie.

Wat ons nodig het, is ’n einde aan korrupsie en verbetering van die bestaande stelsel.

Anders gaan ons die pad van Zimbabwe stap, met gewone mense wat ly en hoog­geplaastes wat oorsee gesondheidsorg ontvang.

Meer oor:  Afriforum  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.