Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA se toekoms hang af van meeropbrengs

Met die spook van onteiening sonder vergoeding wat loop en die onsekerheid oor wat dit is en gaan word, bestaan ’n vrugbare teelaarde vir sensasiesoekende “bemarking”. Soos daardie lys van 295 eiendomme.

Aan die ander kant word dit beskou as ‘’n “vrypas” vir grondgrypery, wat ons nou weet onwettig is.

Wat sleg is, is die enorme nadeel van bestaansboerdery op klein lappies grond wat met tradisionele gewasse en vee die land kan oorvat.

Dié soort ding loop hom vas in die wet van afnemende meeropbrengs wat tot erge armoede en hongersnood sal lei.

’n Teenvoeter, hoewel tydelik is nisboerdery (kyk Via, kanaal 147) van die regte soort wat lank in aanvraag kan bly en goeie pryse kan handhaaf.

Mynbou loop ook die pad van afnemende meeropbrengs. Dit raak duurder om by betalende erts uit te kom en skagte sal toenemend sluit. Los dit vir die zama-zamas wat nie met oorhoofse koste oorlaai is nie en langer sal uithou.

Wat nodig is, is ekonomiese aktiwiteite wat doelbewus gerig is op toenemende meeropbrengs. Soos vervaardiging, toerisme, dienste en wat die vierde nywerheidsrevolusie ons kan bied. Vir die laaste benodig ons vernuwende breinkrag, maar dit is nie ons sterkpunt nie. ’n Oormaat gevestigde belange is ons meulsteen. Die ergste hiervan is “laat dit oor aan die ‘mark’ ”.

Erik S. Reinert se How Rich Countries Got Rich . . . and Why Poor Countries Stay Poor neem ons deur die geskiedenis van wat werk en wat nie.

Gaan lees dit maar.

Meer oor:  Sa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.