Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA sit met gevolge van ondeurdagte strategie

Dawie (13.03) moet verder gaan soek na waar “die geweld uit die lug geval het” – die ANC-strategie (70’s en 80’s) om die land “onregeerbaar” te maak.

Toentertyd het Buthelezi gewaarsku: “If you make a country ungovernable for one generation, you make it ungov­ernable for any future generation.”

Die argument was: “Maar die wit mense wil nie onderhandel nie!” – sonder om te erken dat die “bevrydingsbewegings” se eis van “one man one vote” ononderhandelbaar was! Hulle het toe uiteindelik die “vote” gekry – en nou herhaal die geskiedenis hom.

Die verklaring is eenvoudig: Gewelddadige revolusies lewer nie die beloofde resultate nie, want dit los nie die grondliggende probleme op nie. Daarom: “Die kinders van die revolusie vreet hul vaders op” is meestal die uitkoms. Mense se inherente selfsug en gesoek na skynbaar pynlose kitsoplossings, maak die massas ryp vir slagspreuke wat vir die “vyand” pyn be­lowe en vir hulself voorspoed.

Die onhaalbare beloftes van die ANC (gratis skole, huise, elektrisiteit) het gelei tot ontnugtering: die gesogte “vote” en “democracy” bring op sigself geen oplossing vir die eksistensiële probleme van die massas nie. Dis bloot een van die aspekte van ’n hele “pakket”. Ons is dus terug na wat in die 70’s en 80’s gewerk het om “democracy” te kry – sonder om die kernvraag te beantwoord: “En wat daarna?”

Meer oor:  My Stem  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.