Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA sit met nuwe siekte

’n Nuwe siektetoestand is ge­diagnoseer, te wete Zumaïtis.

Gelukkig is dit nie hoogs aansteeklik of dodelik nie, en vind oordrag slegs onder rare omstandighede plaas.

Geld is glo die medium vir besmetting.

Erge aanvalle kom voor wanneer die woord “hofverskyning” gehoor word. Die toestand is dan só erg dat die pasiënt dadelik na Kuba moet gaan vir behandeling, aangesien hul dokters die enigste is wat die toestand kan behandel.

Omdat die toestand so ernstig is, betaal die staat sommer die reis- en verblyfkoste.

Hopelik sal ons medici leer hoe om die siekte te behandel. Miskien moet die regering ’n spesialis na Kuba stuur om die siekte dáár te bestudeer om toekomstige gevalle hier te kan behandel.

Meer oor:  Mystem  |  Siekte  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.