Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA toon tekens van ’n polisiestaat

As ek kyk na berigte en luister na besprekings oor die gedrag van ons polisie en weermag, kom daar ’n gevoel van skreiende wrewel en opstand in my op!

As ek dan nog voortdurend hoor wat ek mag doen en nie mag doen nie . . . Dra ’n masker, loop ver uit mekaar, jy gee nie kos aan ’n honger mens nie, ensovoorts, dan krap dit my om!

Ek was nog jonk toe die Neurenberg-verhore gehou is om die Duitse “misdadigers” van Hitler te straf. En toe die regters oor die stampvol hofsaal gekyk en min of meer die volgende gesê het: “Hier sit julle nou met heilige gesigte voor my, maar waar was julle toe Hitler met sy misdade begin het? As julle toe opgestaan en dit veroordeel het, sou hierdie verhoor vandag nie nodig gewees het nie!” (Woorde met min of meer dié strekking.)

Ons as Suid-Afrikaners moet eenparig ernstig beswaar aanteken teen dié eerste stappe wat daarop wil dui dat in die rigting van ’n polisiestaat beweeg word. Die geskiedenis bewys dat mag wat eers verkry is, nie maklik prysgegee word nie.

Meer oor:  Weermag  |  Koronavirus  |  Polisiestaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.