Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SAA trek Mamelodi Sundowns lelik voor

Op Vrydag 11 Mei is SAA se vlug 1013 van Johannesburg na Bloemfontein ’n driekwartier laat.

Die Mamelodi Sundowns-sokkerspan is ook op dié vlug.

Jy kan skaars in die ontvangslokaal van die Bram Fischer-lughawe ingaan. Die sokkerondersteuners rumoer so, geen mens kan dit hou nie. Niemand doen iets daaromtrent nie.

Buite die lughawegebou parkeer verkeersbeamptes net waar hulle wil. Verkeersreëls geld nie vir hulle nie.

Uiteindelik land die vliegtuig tot almal se blydskap.

Toe die groot ontnugtering: Asof Bloemfontein nie gebottelde water of Powerade het nie, is die passasiers se bagasie op die O.R. Tambo-lughawe afgelaai om plek te maak vir die sokkerspan se water en Powerade.

Die bagasie word met die laaste vlug gebring, as daar plek is.

Ek het in my lewe nog nooit sulke swak diens beleef nie.

Is ’n doodgewone sokkerspan se regte verhewe bo myne?

Probeer ’n bietjie by die SAA antwoorde kry. Almal trek net hul skouers op.

Pateties!

Meer oor:  My Stem  |  Saa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.