Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SAL bied goeie diens al is bestuur onbeholpe

Ek het baie onlangs vir die tweede keer in agt jaar na Amerika gereis. Ek het albei kere regstreekse vlugte tussen O.R. Tambo, Johannesburg, en John F. Kennedy, New York, geneem. Ek het met die Suid-Afrikaanse Lugdiens gereis en kon by geen geleentheid oor diens, gebrek aan bedrewenheid en professionaliteit kla nie.

Omdat ek alleen (as senior persoon) gereis het, was ek baie afhanklik van hulp en ondersteuning en ek kan net met lof oor ons eie lugredery praat.

Nou is die vraag: Waarom moet mense wat so hard werk om die redery aan die gang te hou, met die albatros van ’n onbeholpe en korrupte bestuur op regeringsvlak sit? Daar is, myns insiens, ’n baie sterk saak uit te maak vir privatisering.

Dit sal ’n tragedie wees as hierdie klompie amptenare saam moet ondergaan as die mense aan die stuur nie die redery finansieel winsgewend kan bedryf nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.