Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sal die redakteurs dan nooit verstaan nie?

Oor Volksblad, Beeld en Die Burger se hoofartikel “Resessie: Dis tyd om die oogklappe finaal af te haal” (06.03):

Julle sê: “Ramaphosa verdien erkenning daarvoor dat hy konsekwent is oor die behoefte aan werklike hervorming.”

Watter hervorming?

Watter hervorming wat reeds plaasgevind het, het nie die ekonomie vernietig nie?

Nog hervorming sal sosialisme en kommunisme net verder versterk.

Dit lyk vir my julle sê as min. Tito Mboweni “die akkurate diagnose van die fiskale krisis aan die groot klok gehang het,” is alles bakgat en is daar geen fiskale probleme nie.

Terwyl Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, nie die vaagste idee het waaroor hy praat nie.

Die redakteurs moet liewer van hulself praat as die “almal” wat hul “ideologiese oogklappe” moet afhaal.

Praat van julself as die “almal” wat hul “ideologiese oogklappe” moet afhaal.

Sal julle dan nooit verstaan die regering gaan alles binne die volgende drie tot vier jaar verwoes nie?

Is daar dan niks wat julle verstaan nie?

Meer oor:  Fanie Brink  |  Bothaville  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.