Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sal die regte pres. Ramaphosa asb. opstaan

Kom ons stel dit duidelik in Afrikaans: Om alle fondse in private besit te probeer beheer, is kommunisme. Om grond sonder vergoeding te vat, is kommunisme. Om jou reg weg te vat om jou keuse van ’n geneesheer uit te oefen, is kommunisties. Om vas te klou aan volslae siek, gestroopte staatsondernemings – soos die SAL en ander – getuig van kommunisme.

Om geweld so te laat eskaleer, sonder behoorlike ingryping, dat die land onregeerbaar word, is kommunisties.

Dit lyk vir my die regering het mooi by Rusland geleer, en hy leer nog steeds by sy groot tjommie.

Geagte pres. Ramaphosa, wys nou ’n slag met mannemoed wat ons van ’n president verwag. Wys ons of u ’n kommunis is, of staan u werklik vir vrye ekonomiese ontwikkeling en groei, soos u in die buiteland verkondig? Suid-Afrika het ’n sterk leier nodig soos nog nooit voorheen nie. Op die oomblik is u ons enigste hoop.

Meer oor:  Durbanville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.