Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SAPD kort beamptes, voertuie

Oor die berig “Polisie ondersoek ‘swak dienslewering’ in Bfn” (12.09) asook ander berigte oor swak polisiewerk en die misdaadstatistieke:

Die polisie sê hy gaan die klagtes oor swak dienslewering en trae reaksietye ondersoek.

Die Bayswater-GPF wil nie ’n ondersoek hê nie. Wat ons graag dadelik wil hê, is meer mannekrag vir die Bayswater-polisiekantoor en ander polisiekantore.

Op sommige skofte is daar eenvoudig nie genoeg polisiebeamptes om die kantoor te beman en uit te gaan om op klagtes te reageer nie.

Die polisiebestuur kan sê wat hulle wil: Die mannekragtekort is kritiek.

Miskien moet hulle van die senior lede wat tyd wil mors met ondersoeke eerder na die polisiekantore ontplooi om voetwerk te doen.

Voetwerk, ja, want dit is ons ander krisis. Daar is bitter min werkende voertuie.

Min voertuie word aan kantore toegeken en as ’n voertuig breek, staan dit weke voordat dit herstel word.

Die polisie sal dit waarskynlik ook ontken of nog ’n ondersoek gelas.

Maar hulle moet asseblief die voertuie herstel, sodat die paar polisiebeamptes wat ons wel by die polisiekantoor het, hul werk kan doen.

Daar is wel ’n paar polisiebeamptes wat nie hul werk doen of die vermoë het om dit te doen nie. Die publiek moet aanhou om sulke gevalle te rapporteer sodat hulle vervang of heropgelei kan word. Dit is ’n lang proses, maar met genoeg druk word dit wel gedoen.

Ons sê egter ook dankie aan die meerderheid wat toegewyde en hardwerkende polisielede is. Organisasies en buurtwagte wat by sektorpolisiëring betrokke is en puik werk doen asook veiligheidsmaatskappye verdien ook lof. Dit is uiters belangrik om saam met die polisie te werk en ons veilig te hou.

Dus: Geen ondersoeke nie (behalwe teen misdadigers) en goed opgeleide beamptes en hulpbronne, veral voertuie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Mystem  |  Lesersbrief  |  Polisie  |  Misdaadstatistieke  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.