Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Saru moet ook leer, jou woord is jou eer

Die hoofartikel in Die Burger van 2 Oktober, “Moenie Pro-14 sien as einde vir Cheetahs”, is regtig ongevraagd en onregverdig.

Ons kan argumenteer soos ons wil, die feit is die Cheetahs het ’n wettige kontrak tot 2023 om deel te wees van die Pro-14. Saru en sy meelopers het eenvoudig hul woord verbreek. Dit is oneerlik, onregverdig en laat ’n vraagteken oor die geloofwaardigheid van al die rolspelers.

Ons ouer geslag het grootgeword met die een lewensbeginsel: ’n Mens se woord is jou eer, en as jy dit breek, het jy geen geloofwaardigheid. As Die Burger die besluit van Saru en sy meelopers ondersteun, hang daar ook ’n vraagteken oor die dagblad se objektiewe oordeel.

Kort en klaar, dis die Cheetahs se goeie reg om deel van die Pro-14 te wees totdat die kontrak verstryk het.

Meer oor:  Woord  |  Brief  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.