Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sassa-dag = meel, hoenderpote

Dit is vandag weer Sassa-dag. Op dié dag vermy ek die winkels, want dit breek my hart elke keer as ek by ’n sekere winkel sien hoe mense in ’n tou staan met ’n groot sak mieliemeel en ’n pak hoenderpote.

Dan wonder ek wat gaan grondonteiening sonder vergoeding aan hierdie mense se lot doen?

Al gee ons elkeen ’n stuk van ons erwe weg, sal dit niks help nie, want ons dorpie bloei dood.

Die meeste ondernemings het al hul deure gesluit. Hier is geen vooruitsig vir werkskepping of ontwikkeling nie.

Hier hang so ’n donker wolk van armoede, moedeloosheid, depressie en ’n uitsiglose toekoms oor die verval van alles. Jy kuier nie meer nie, want almal onttrek hulle van hul medemens. Net die rykes oorleef. Hulle met geld en hul eie plek op ’n private gholflandgoed.

Ek vra derhalwe vir die hoeveelste keer wat pres. Cyril Ramaphosa met sy onteieningsplan wil bereik.

Meer oor:  Sassa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.