Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sassa: Een weet nie wat die ander doen

Ek het die vierde keer in die ry gaan sit om aansoek te doen om Sassa-pensioen. Ek verdien nie ’n salaris nie en het elke vorm en bewys van geld wat ek kry waarvoor hulle vra, maar nou is ek keelvol.

Nóg iets word gesoek wat niks met my aansoek te doen het nie. Elke week kort nóg iets.

Kan daar nie ’n standvastige program wees waarmee elke personeellid kan werk nie? Verlede week was alles reg behalwe ’n bewys van ’n belegging wat ek vergeet het. Vandeesweek is dit bewyse van my man wat hulle wil hê, wat nie ter sake is vir my aansoek nie. Ons is buite gemeenskap van goedere getroud.

Ek verstaan hul posisie, maar werksetiek moet konstant wees. Jacob Zuma het toelae vir tienerswangerskappe ingestel wat stelselmisbruik toelaat. Baie oues oorleef op die bestaansminimum, maar hul derms word uitgeryg om vir ’n Sassa-pensioen te kan kwalifiseer.

Dankie aan die amptenare wat my dié keer gehelp het. Ek glo julle doen net jul werk, maar jul stelsel is só onstandvastig, die een weet nie wat die ander doen nie.

Meer oor:  Mystem  |  Sassa  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.