Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SAUK gaan net nog kykers verloor

Ek lees (08.09) in die koerant dat die SAUK dit oorweeg om die prys van televisie-lisensies te verhoog.

Blykbaar is daar miljoene huishoudings en ondernemings wat nie hul jaarlikse lisensiegelde betaal nie.

Dit wil voorkom asof ons dieselfde paadjie gaan loop as wat met water en elektrisiteit die geval is.

’n Gedeelte van die kamtige bevoorregte bevolking betaal elke maand hul rekenings, dikwels in moeilike omstandighede, terwyl die meeste hul alie daaraan afvee.

Nou wil die openbare uitsaaier 1,8 miljoen gereelde betalers verantwoordelik hou vir die 12,2 miljoen wat nie betaal nie.

Die voorsitter van die SAUK-raad erken nogal dat hulle nie genoeg doen om die geld in te samel nie.

Kan jy nou die gereelde betaler verantwoordelik hou en straf as die SAUK nie die vermoë het om die tariewe in te vorder nie?

Ek kan sien dat die getal betalers maklik kan daal tot minder as ’n miljoen.

Terloops, is daar enigiemand wat enigsins kennis dra van ’n toestel wat ek in my huis se dak kan installeer sodat my TV- skottel nie van buite sigbaar is nie?

Meer oor:  My Stem  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.