Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SAUK onafhanklik en onpartydig?

Ek moes tot my skok Saterdagoggend in Die Burger die berig lees van die man wat ’n pragtige jong seun van Vanderbijlpark doodgeskiet en sy pa ernstig gewond het toe hulle gaan wegneemetes koop het. Voor dit het hy teen ’n stilstaande bakkie vasgejaag en ’n man is tussen die voertuie vasgedruk en ook ernstig beseer. Asof dit nie genoeg was nie, ry hy daarvandaan en skiet ’n onskuldige, hardwerkende motorwag koelbloedig dood.

Het enigeen die berig miskien oor die radio- of TV-nuus gehoor? Wel, nie ek nie en ek luister gereeld nuus. Maar die hoofnuusberig 12:30 op RSG was van die man wat in hegtenis geneem is omdat hy ’n joernalis se masker afgeruk het omdat hy haar nie kon hoor nie. Sy was teenwoordig waar ’n klompie mense betoog het by Vishoek oor sekere inperkingsmaatreëls. Was dit nou so ’n ernstige oortreding?

Het die skietery dalk nie die nuus gehaal nie omdat die oortreder swart en die slagoffers almal wit is? In die masker-geval weet ek nie, maar dit sal my nie verbaas as die “oortreder” wit was nie. Ek kan net dink wat die bohaai sou gewees het as dit andersom was.

Dit wys maar net waar lê die SAUK se lojaliteite. Dan moet ons elke dag hoor sy nuus is “onafhanklik en onpartydig”. Se voet! Ons luisteraars is nie onnosel soos sommige mense in hogere poste nie. Ons weet wat aangaan.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Geskiet  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.