Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Schweizer het niks met apartheid te doen nie

Oor Gert Coetzee se Brandpunt “Schweizer-geval en die raskaart” (17.01):

Coetzee veralgemeen wanneer hy sê: “So rasverstrengel is ons in Suid-Afrika” en “Dit is deel van ons DNS.”

Hy beweer: “In Suid-Afrika is die landskap van ras en rassisme oor meer as drie eeue berei.”

Net mooi met die aankoms van Jan van Riebeeck. Hy onderskryf seker ook die onsin dat ál die moeilikheid tóé begin het.

Hy kan natuurlik nie nalaat om weer ’n parallel te trek tussen die “Herrenvolk” en apartheid nie. Hy kwalifiseer nie sy standpunt nie dat sy mening genoeg is om hom as rassis te brandmerk.

Laat ek help: Dit is omdat hy, soos die juffrou, wit is.

Wie was die oproermakers en aanblasers van rassegeweld in Schweizer-Reneke? Die ANC, die EFF, die DA-jeugliga en die SAKP. Die gemene deler: Die wit onderwyseres moet met ’n swart onderwyser vervang word.

Dus: aanvoerders van rassisme onder die dekmantel van transformasie.

Natuurlik kon die departement en Menseregtekommissie, as deel van die “struggle” se heksejag op wittes oor beweerde rassisme en die regeringstrategie om rassekwessies in skole te misbruik om sy integrasiebeleid af te dwing, nie wag om in te gryp nie.

Vir Coetzee en die ouer wat genoop word om vir sy kind van apartheid te vertel: Apartheid het met hierdie herrie so min te doen as met rassekonflik wat gereeld in Amerika voorkom. Dit het te doen met die voortsetting van die struggle-ideologie wat sedert 1994 rasseverhoudinge in die land vernietig het.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.