Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Schweizer-Reneke: Ons het ons les geleer

Ek verwys na die berig “Schweizer-herrie: Hoekom bekyk die DA sy optrede nou eers?” (22.10), waarin Elana Barkhuizen haar verontwaardiging uitspreek dat dit die DA nege maande geneem het om ’n ondersoek na die Schweizer-Reneke-debakel te begin.

Met die nuwe leierskorps in die DA sal dit ’n beginsel wees wat ons deurentyd sal nastreef.

Dis ’n geldige vraag en die antwoord is soos volg: Die afgelope drie weke was beduidend vir die DA. Nie net het die bevindings van ’n beoordelingspaneel gelei tot drastiese veranderinge in die leierskorps nie, dit het ook ’n spieël opgehou en die party gekonfronteer met belangrike foute wat begaan is in aanloop tot die verkiesing.

Ware aanspreeklikheid is nie juis ’n sterk punt van politici en politieke partye in Suid-Afrika nie. Maar in die DA is dit anders. Ons party ondergaan ’n katarsis wat ten nouste saamhang met onlangse gebeure. Deel daarvan is om ons foute te erken en, waar nodig, om verskoning te vra. En, les bes, te leer daaruit.

Een van dié foute was die DA se hantering van die Schweizer-Reneke-geval en vernaam die skade wat dit aan Barkhuizen berokken het. Die DA vra onomwonde en onvoorwaardelik om verskoning daarvoor.

’n Interne ondersoek na die DA se reaksie op dié saak is tans aan die gang. Sodra dit afgehandel is, sal die bevindings bekend gemaak word.

Wat die DA nou reeds erken, is dat daar oorreageer is en die aanvanklike foto’s heeltemal buite konteks vertolk is. Ons het nie oor die relevante inligting beskik nie en het afleidings gemaak op grond van ’n foto. Daar is geen verskoning daarvoor nie. Die belangrike les wat die DA daaruit geleer het, is dat sosiale media alte graag misbruik word om situasies en stellings te verdraai en te dekontekstualiseer.

Selfs erger was ons poging later om dié fout te probeer verdedig en goedpraat. Daardeur het ons die situasie vererger en selfs groter skade aangerig.

Anne Frank het geskryf: “Wat gedoen is, kan nie ongedaan gemaak word nie. Maar ten minste kan jy verhoed dat dit weer gebeur.”

Die DA glo Suid-Afrika en al ons mense kan slegs gesond word en wérklik met mekaar versoen wees as ons ons foute ruiterlik erken, daaruit leer en seker maak ons herhaal dit nie.

Met die nuwe leierskorps in die DA sal dit ’n beginsel wees wat ons deurentyd sal nastreef.

Meer oor:  Elana Barkhuizen  |  Schweizer-Reneke  |  Mystem  |  Da  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.