Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Seniors is nie die roekeloses op pad

Iewers het ek gelees ons pro­aktiewe regering beoog om alle voertuigbestuurders wat elke vyf jaar hul rybewyse moet hernu, weer die toets te laat aflê wat alle nuwe aansoekers om rybewyse moet aflê. Ek moes vinnig na my kalender loer om te kyk of 1 April nie dalk ongesiens verbygegaan het nie.

Presies hoe ons verkeersowerhede die proses saam met die gewone nuwe aansoekers gaan hanteer, kan net hulle verduidelik. Dat dit werkskepping by ons verkeersowerhede gaan aanmoedig, is ongetwyfeld só. Net jammer dat dit ook ’n geleentheid vir bedrog skep. Indien die rede vir dié drastiese stap gesetel is in die toenemende ongeluksyfers op ons paaie, het ’n mens nogal begrip vir die plan.

Ons moet egter dieper delf om die werklike oorsaak van die slagting op ons paaie te bepaal en ongelukstatistieke meer sorgvuldig ontleed. Ek wil my verstout om te beweer daar sal bevind word ’n baie klein persentasie van die ongelukke op ons paaie word deur bejaarde bestuurders veroorsaak.

Statistieke wat sorgvuldig ontleed word, sal toon ongelukke word hoofsaaklik veroorsaak deur ongelisensieerde bestuurders, onpadwaardige voertuie, roekelose bestuurders en dies meer, asook bejaarde bestuurders met jare lange ondervinding lê meer versigtigheid op ons paaie aan die dag.

Verkeersowerhede soek na wors in ’n hondehok as hulle deur dié voorstel bejaardes wil teiken. Komaan, manne, ontleed die statistieke en bewys my verkeerd.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.