Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Seuns van Bird Island’ en Naspers

Willie Esterhuyse en Chris Jones, Stellenbosch, skryf: Ons het met (beperkte) waardering kennis geneem van die jongste twee verskonings deur Tafelberg Uitgewers en Media24 na aanleiding van die omstrede boek Die seuns van Bird Island.

Alhoewel die regstegniese aspekte rakende hierdie saak belangrik is – veral vir die partye wat deur hierdie boek te na gekom is – kan ons ons uiteraard nie hieroor uitlaat nie.

Ons besorgdheid en kommer lê op 'n ander vlak, naamlik dié van korporatiewe toesig en beheer, soos uiteengesit in die King IV-verslag wat deur Media24 en Naspers onderskryf word.

Om daaruit aan te haal: “Aanspreeklikheid kan nie gedelegeer word nie, maar verantwoordelikheid kan gedelegeer word sonder om aanspreeklikheid te delegeer vir daardie gedelegeerde verantwoordelikheid.”

Ons vra daarom graag die volgende van die direksie van Naspers – wat uiteindelik aanspreeklik vir hierdie publikasie bly en waar die spreekwoordelike buck moet stop: Is u, ter wille van deursigtigheid, bereid om alle betrokke inligting/besluite/omstandighede rakende die publisering van hierdie boek bekend te maak ter wille van al die belanghebbendes? Indien nie, waarom nie, veral in die lig van King IV en ander tersaaklike maatskappyregtelike bestuursprosesse? Wat gaan u doen om te verseker dat soiets nie weer gebeur nie?

Is u bereid om te sorg dat alle verwysings na hierdie publikasie so volledig moontlik van die internet verwyder word, ongeag die koste – en tot die bevrediging van die families ter sprake?

Is u bereid om vir al die lesers wat hierdie boek gekoop en gelees het (vermoedelik ongeveer 62 000 eksemplare) onvoorwaardelik om verskoning te vra? Hulle het immers miljoene rande aan die boek bestee.

Benewens die noodsaaklike en regmatige finansiële restitusie aan mnr. Barend du Plessis (en sy familie), sal ’n positiewe reaksie op bogenoemde drie kwessies bydra om die menswaardigheid te herstel van die partye op wie hierdie boek ’n smet gelaat het – en so ook op die reputasie, handelsmerkwaarde, openbare beeld en historiese integriteit van Naspers.

VERSKONING
Media24 het verskoning aangebied vir die publikasie van lasterlike stellings aangaande Barend du Plessis in die boeke The Lost Boys of Bird Island en Die Seuns van Bird Island, asook die emosionele skade wat die publikasie van die boeke vir die Malan- en Wiley-families kon veroorsaak het.
* Volg hierdie skakel na die verskoning.

Meer oor:  Chris Jones  |  Brief  |  Media24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.