Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sies, Lindsay Maasdorp, jul twiets is wreed

Oor die berig “BLF-leier ‘vier só kinders se dood’ ” (02.02):

Die twiets van Lindsay Maasdorp, woordvoerder van Black First Land First (BLF), en ene Siyanda Gumede spel dit weer eens uit dat daar min kans is vir versoening as gevolg van mense met hierdie mentaliteit.

Ek glo daar is oorgenoeg mense van alle kleure in Suid-Afrika wat graag in vrede wil saambly en die nasie wil bou.

Met mense soos Maasdorp en Gumede is daar egter nie veel hoop nie.

Hul twiets oor die brug­tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is siek, vieslik en wreed.

Sies!

Hulle moet bid dat só iets nie met hulle gebeur nie.

Meer oor:  Harry  |  Bloemfontein  |  Brief  |  Lindsay Maasdorp  |  Brugtragedie  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.