Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sinergisme sal SA help

Erik Holm se rubriek “In sinergie lê Suid-Afrika se uitdaging en geleentheid” (22.12) het my laat dink.

Al beweer die woordeboeke dat nasionalisme en patriotisme dieselfde beteken, stem ek gedeeltelik saam met Charles de Gaulle, wat die onderskeid getref het dat patriotisme liefde vir jou eie mense eerste stel en dat nasionalisme is wanneer die haat vir ander mense eerste kom.

Ek glo nasionalisme het van die begin van ons geskiedenis baie haat jeens ander groepe in ons land veroorsaak. Dit het telkens sommige mense uitgesluit en selfs vyande geskep.

Op die oomblik ervaar ek dit. Ek word bang as ek hoor hoe mense praat dat “wit mense” doodgemaak moet word. Wanneer nasionalisme nie net haat is nie, maar tot volksmoord lei, moet dit stopgesit word.

Hierdie tendens het my patriotisme jeens ons land laat verdwyn. Ek voel vasgevang in die ideologiese stryd wat aan die gang is.

Ek wil Holm se woord “sinergisme” gebruik as die oplossing vir die probleem. Saam werk of saam ondergaan. Oorlog het geen wenner nie.

Ek bid en hoop dat alle mense in ons land mekaar sal aanvaar en verskille sal gebruik as ’n geleentheid en nie ’n verleentheid nie.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.