Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sit koppe bymekaar oor Afrikaans, Nederlands

Dr. Clifford van Wyk se voorstel (06.12) vir die eentalige dilemma, Engels, aan Suid-Afrikaanse universiteite (soos uitgelig deur Christo van der Rheede, 04.12), verdien ernstige oorweging deur almal vir wie moedertaalonderrig vir alle Afrikaanssprekendes (bruin, swart en wit) tot op tersiêre vlak na aan die hart lê.

Dr. Leopold Scholtz se opinie vanuit Nederland oor die haalbaarheid al dan nie van dié droom sal eweneens waardevol wees.

Dit wil voorkom of die gety teen Afrikaans inderdaad onomkeerbaar sterk is. Só sterk dat selfs ’n redelike versoek vir slegs één volkome tweetalige (nie eens eentalige nie!) universiteit, soos bepleit deur Gelyke Kanse, gewoon op dowe ore val. Niemand is so doof soos hulle wat nie wíl hoor nie.

Selfs die konstitusionele hof reken dit is ’n onbillike versoek. Afrikaanssprekendes se taalregte is klaarblyklik nie in die Grondwet verskans nie.

Die oplossing lê waarskynlik eerder elders, soos in Solidariteit se Akademia, asook Van Wyk se voorstel om deur satellietkampusse van Nederlandse universiteite aan Afrikaanssprekendes ’n geleentheid te bied om in Afrikaans ’n kwalifikasie van hoogstaande gehalte aan ’n wêreldklasinstelling te verwerf. Dit is ’n wen-wen-situasie vir Afrikaanssprekendes.

Ter ondersteuning van Van Wyk se pleidooi wil ek voorstel dat invloedrykes soos Van der Rheede, Theuns Eloff, Danny Titus, Conrad Steenkamp, Flip Buys, Wannie Carstens, en andere koppe bymekaarsit om hierdie visie te verwesenlik. Dr. Leopold Scholtz se opinie vanuit Nederland oor die haalbaarheid al dan nie van dié droom sal eweneens waardevol wees.

Meer oor:  Mystem  |  Taal  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.