Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skaam julle vir jul gierigheid

’n Mens besef maar alte goed dat restaurante en blyplekke hul tariewe tydens feeste, soos die KKNK, verhoog. Daar is mos maar ’n baie dun lyn tussen goeie sakepraktyk en gierigheid.

By een van die hotels op Oudtshoorn was daar gewis geen onsekerheid oor bogenoemde nie: Hulle het ons R60 vir ’n 330 ml-botteltjie plaaslik gebroude bier gevra.

Nou ja, ek het al heelwat vir bier by ’n verskeidenheid plekke betaal. Selfs by ’n bekende restaurant in die V&A Waterfront in Kaapstad het ek nie R60 vir ’n botteltjie ingevoerde bier betaal nie.

Aan die eienaars en bestuur van die betrokke hotel: Julle is is gierig. Julle behoort julle te skaam.

Meer oor:  Kknk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.