Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skande dat Suna Venter nie beskerm is nie

Suna het dapper gestry” deur Ivor Price (01.07) verwys. Dit is nog baie onwerklik, die besef dat Suna Venter dood is, wil nie indring nie. Ek het haar nie persoonlik geken nie, net van die radio en die SAUK-8 se gebeure. Sy was so jonk.

’n Pragtige vrou. Wie is die skuldiges wat indirek vir haar dood verantwoordelik is? Hoekom skuil die lafaards nou? Ivor sê sy was amper obsessief oor ’n onafhanklike nuuskantoor vry van politieke inmenging. Wat logies is. As jy nie valsheid kan verdra nie, in my oë, kan mense reken jy is obsessief.

Mense kan ook baie gou dink en sê moenie krap waar dit nie jeuk nie. As jy dan aanhou krap, sal dié vir wie jy kwansuis bygestaan het, vinnig afstand kry. Hulle wil nie met jou vereenselwig word nie.

Dit is ’n skande dat sy nie beskerm is teen dié wat haar geterroriseer het nie. Maar hopelik sal daar eendag weer wet en orde in die land wees. Gevolge sal dan hopelik gedra kan word vir lafhartige dade. Intussen hoop ek die kollegas wat Suna nie bygestaan het nie slaap baie sleg.

Meer oor:  Suna Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.