Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skimpe en onlogiese denkspronge

As Dosent (14.04) inderdaad ’n dosent is, kry ek sy/haar studente maar jammer, want sy/haar brief bevat net vae skimpe en onlogiese denkspronge.

Dosent beroep hom/haar op daardie magiese woord transformasie, wat, soos Paulus se liefde, alles bedek, alles glo, alles hoop, alles verdra. Dis een van daardie woorde wat politiek korrek klink sonder om regtig iets te sê.

Almal weet watter onheile die afgelope sowat drie dekades onder die dekmantel van transformasie in ons land uitgebroei het. Wil Dosent in daardie transformasiespore volg? Tot wat wil Dosent die Universiteit Stellenbosch (US) sien transformeer – tot ’n volledig Engelstalige universiteit kwansuis omdat dit sy ranglysposisie sal verbeter?

Die US se departement Afrikaans en Nederlands het in ’n weldeurdagte ope brief sy standpunt oor die Afrikaans-kwessie gelug. Dit was hoogs tydig, volkome ter sake en goed uiteengesit. Op grond waarvan skimp Dosent dat dit dalk eiebelang was?

Dosent skimp verder dat omdat dr. Dan Roodt oor ’n bepaalde saak ’n mening soortgelyk aan dié van die departement huldig, die twee partye in alle opsigte “in dieselfde skrum sak”. Hoe verspot. En wat dan van al die ander, soos die DAK-netwerk, die DA, die konvokasie, ouddosente en talle alumni?

As Dosent iets meer oor die saak te sê het as onlogiese stellings en vae skimpe, moet hy/sy dit so logies, goed begrond en duidelik gestel soos die departement uiteensit.

Meer oor:  Mystem  |  Afrikaans  |  Dosent  |  Universiteit Stellenbosch( Us)  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.