Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skrap koukusbinding vir SA se LP’s

Ek verwys na die berig “Stelsel beperk goeie toesig” (06.02).

Adjunkhoofregter Raymond Zondo lê sy vinger amper op die probleem waarom ons land in die dieptes van skandes beland het, naamlik gebrekkige parlementêre toesig. Dit is wel nie die kiesstelsel wat die bron van die probleem is nie, maar koukusbinding – daardie erfenis van die Westminster-stelsel dat openbare partyverteenwoordigers uit een mond moet praat.

Vanaf 1910 is die koukuskultuur deel van Suid-Afrika se politiek. Geslote partykoukusse bepaal die party se program en die kieser word van een verkiesing na die ander ontneem van inspraak. Moderne demokrasieë heg groot waarde aan deelnemende demokrasie om kiesers te betrek by parlementêre besluitneming en verslagdoening.

Westerse lande het nie ’n koukuskultuur nie en daarom tree ’n partyverteenwoordiger as spreekbuis vir die kiesers op ná konsultasie met belangegroepe.

Suid-Afrika se kabinet is die moeder van alle koukusse. Teoreties het ’n minister direkte beheer oor die doen en late van sy of haar staatsdepartement, maar in die praktyk is die kabinet kollektief verantwoordelik.

Dit is waarom dit nie van ’n minister verwag (kan) word om te bedank nadat growwe foute of nalatigheid in sy of haar departement begaan is nie.

Soos wat die staatskapingsdrama voor die Zondo-kommissie ontvou, word dit duidelik dat die president, adjunkpresident en ministers geweet het wat aangaan, maar weens koukusbinding kon hulle nie uitpraat sonder dat dit die einde van hul politieke loopbaan sou beteken nie. Tereg wys Zondo daarop dat daar geen beskerming vir diesulkes is nie.

Zondo se opmerking oor gebrekkige parlementêre toesig behoort ’n wekroep te wees dat weggedoen moet word met koukusbinding. Dit sodat politieke partyverteenwoordigers hul persoonlike standpunte binne die breë partybeleid kan stel sonder vrees om geïntimideer te word.

Meer oor:  Raymond Zondo  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.