Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skud skuldgevoel oor apartheid af

Ek sien André Scholtz (20.04) skryf “apartheid is lankal iets van die verlede . . .” in sy netjies opbouende brief.

Daar leef wel nog iets belangriks oor apartheid. Oudpres. FW de Klerk het in ’n verklaring op 17 Februarie 2020 ’n bekentenis gedoen, naamlik dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom is.

Ek verskil van De Klerk. Die resolusie waarop gesteun word om apartheid tot misdaad teen die mensdom te verklaar, is resolusie 3604 (XXVIII) van die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering wat op 30 November 1973 aangeneem is. Daardie resolusie was ingevolge art. 10 van die VN se Handves van Regte slegs ’n “aanbeveling” en nie bindend op die lede nie. Toe die Internasionale Strafhof apartheid in 1998 tot misdaad teen die mensdom verklaar het, het hy dit bloot gedoen op grond van die aanbeveling van 1973. Buitendien het groot nasies nie die 1973-aanbeveling ondersteun nie.

Daarbenewens is daar tot vandag toe nog niemand van die misdaad van apartheid aangekla nie, uiteraard omdat daar nie so ’n misdaad bestaan nie. Daar is ook nooit ’n tribunaal gehou om apartheid te bespreek nie.

Daar is nooit bewys dat daar ’n slagting van mense (genocide) in Suid-Afrika was nie.

Uiteindelik gee die Legal Dictionary op 19 November 2016 onder die opskrif “Crimes Against Humanity” ’n definisie van dít wat apartheid was, naamlik: “Segregation of South Africa’s white and non-white popula­tions.”

Segregasie is nooit as misdaad teen die mensdom bewys nie.

Afrikaners wat nog skuldgevoelens oor apartheid het, moet dit afskud en eerder help skouer aan die wiel sit om ons land, wat in duie stort, te red.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Vn  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.