Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skuif is reaksie op liberalisme

Tony Weaver skryf in “Trump en kie speel viool terwyl die aarde brand” (18.12) ’n mooi rubriek oor die werklikheid en gevaar van aardverwarming, maar maak dan ’n ondeurdagte politieke konnotasie deur te sê: “Byna al die lande met leiers wat klimaatsverandering ontken, is ook die lande wat tans die gevaarlike globale neiging na ’n eng soort regse nasionalisme navolg.”

Inteendeel, konserwatisme is juis meer ingestel op die gemene belang van ’n groep as wat liberalisme is. Selfbeskikkend skep nasionalisme ook harmonie waar onversoenbaarheid ’n gegewe is.

Amerika, Brasilië, Rusland, Saoedi-Arabië en die Filippyne se regse skuif na konserwatisme het niks te make met hul siening oor aardverwarming nie, maar is die resultaat van ’n gemene gevoel onder landsburgers dat die links-liberale “establishment” hulle faal. Is dit nie immers hoe demokrasie werk nie, en wat spesifiek is “gevaarlik” omtrent regse nasionalisme? Of is demokrasie slegs demokrasie wanneer ’n regse element nie bestaan nie?

Dit is juis die moderne liberalisme wat ’n hoë premie plaas op individualisme, wat eiebelang onder leiers ook bevorder, waarvan ons die negatiewe resultaat oor die afgelope twee dekades op eie bodem beleef het.

Suid-Afrika is tans ’n liberale bestel en onderteken ook die COP-ooreenkomste oor klimaatsverandering, maar hier is Eskom dan besig om langtermynooreenkomste met steenkoolmyne te sluit? Dit is juis hierdie soort tweegesig-natuur van liberalisme wat die wêreld al hoe meer na konserwatisme dryf.

Lande wat aardverwarming ontken, doen dit meestal weens toenemende sosiaal-ekonomiese druk waaronder gemeenskappe verkeer om werk te skep. En daardie druk is die nalatenskap van jare se liberalisme, wat sy burgers versaak het!

Daar is geen argument dat regse nasionalisme nie die dilemma van aardverwarming kan of sal aanroer nie.

Inteendeel, konserwatisme is juis meer ingestel op die gemene belang van ’n groep as wat liberalisme is. Selfbeskikkend skep nasionalisme ook harmonie waar onversoenbaarheid ’n gegewe is.

Meer oor:  Mystem  |  Aardverwarming  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.