Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skuldig: Meeste het dit gesteun

Die meeste wit mense het oor ’n tydperk van 50 jaar afsonderlike ontwikkeling gesteun. Dit sluit N.P. van Wyk Louw, Roelf Meyer, Leon Wessels en die uwe in.

Hierdie steun was gegrond op wat destyds noord van ons in Afrika gebeur het. En wat dan ook deesdae hier by ons manifesteer in swak regering, korrupsie, geweldsmisdaad en diskriminasie teenoor minderhede.

Dié plan het ontaard in ’n bose stelsel van apartheid, wat baie mense mensonterend behandel het. Waaroor ek ook my skuld en betrokkenheid bely.

Ek was darem ook betrokke by die aftakeling en skrapping van die onreg. Nie dat ek enige beloning daarvoor mag, of wil, verwag nie, dit moes eenvoudig net gebeur. Miskien dalk net om ook ’n plekkie hier te hê, waar ek en my nageslag ongehinderd mag leef. En waar my opregte pogings om van ons land ’n beter plek te maak, ten minste verdra sal word. Waar ek nie gedreig word om een of ander tyd vermoor te word nie.

Meer oor:  Roelf Meyer  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.