Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Skyfies en projektor laat my verlang

Dana Snyman se heerlike rubriek “Met skyfies op die spoor van die verlede” in Die Burger van 30 November het my vêr in my gedagtes teruggeneem.

My pa het glad nie foto’s geneem nie, net skyfies, nadat hy en my ma getroud is. Hy het dit voortgesit gedurende ons drie susters se grootwordjare, elke jaar getrou.

Elke Desembervakansie is die skyfies en die projektor uitgehaal, al die prente van die muur afgehaal sodat daar ’n wit skerm teen die muur was en dan het ons almal ’n paar aande van heerlike skyfies kyk en stories luister beleef.

Toe die kleinkinders groot genoeg was, was dit hul grootste vreugde om vakansie-aande hul mammas en tannies te sien toe “hulle nog klein was”.

Die skyfieprojektor het intussen gebreek en ek verlang na die tye wat ons as familie só saam gekuier het met lank terug se herinneringe.

Meer oor:  My Stem  |  Dana Snyman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.