Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Slaagpunt gaan standaarde kelder

Ek het pas die jaareindrapport van ’n gr. 10-leerling aan die Hoër­skool Gugulesizwe in Scottburgh, KwaZulu-Natal, in ongeloof bekyk.

Hy het ’n gemiddelde van 25,28% behaal vir die sewe vakke wat hy in gr. 10 gehad het. Vir vyf vakke, ingesluit sy huistaal, het hy onder 30% gekry.

Nou wonder ek maar net wat is die perk waarvolgens ’n leerling dan die eksamen sal druip. En is dít die standaard by alle staatskole in die land?

Ek wonder net wat gaan van standaarde in Suid-Afrika word as leerlinge met sulke lae punte kan slaag.

Meer oor:  Mystem  |  Matrieks  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.