Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Slag, jag leeus soos plaasdiere

Elise Tempelhoff lewer ’n goed gemotiveerde bydrae tot die debat van die sogenaamde geblikte leeus, waarvan party selfs hans grootgemaak word om hulle ’n gemakliker prooi te maak (18.07). Aan die ander kant is daar die leeuboere en ondersteuners van leeujag. Die stryd begin voorwaar nou.

Ek het geen verbintenis of belang by enige van die groepe nie, ek dink net dis tyd om objektief daarna te kyk. Daar word elke dag miljoene hoenders, skape, varke en beeste geslag teen ’n wins vir die boer.

Minder, maar so word daar ook duisende bokke in kampe aangehou en gejag vir hul vleis, velle en horings as trofeë.

Die winsgewendheid van hierdie praktyk het gemaak dat daar vandag etlike maal meer wild in ons land is as wat daar sekerlik die afgelope eeu was.

Waarom kan dieselfde nie met die aanhou en jag van leeus gedoen word nie?

Dan is daar diegene wat net ’n beswaar het teen die jag van leeus in klein kampies. Maar van hoe nader die skoot afgevuur word, hoe sekerder, dus genadiger, is die doodskoot.

Meer oor:  Leeus  |  Bloemfontein  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.