Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Slagoffers’ soos hulle hou rassisme lewend

Prof. Anton van Niekerk se “Rassisme is steeds met ons” (16.03) het betrekking. Ek stem heelhartig saam, maar ek dink hy blaf by die verkeerde boom, soos die Engelsman sal sê.

Is hy daarvan bewus dat daar ’n el­lelange lys van mense is, onder wie Meghan se eie bloedfamilie, wat daarop wys hoe daar blatante onwaarhede verkondig is? En wat presies is gesê wat rassisties is? Het u opgelet hoe vaag Meghan en Harry was oor wat gesê­ is (indien daar ooit iets gesê is).

Toe Oprah Meghan vra wat gesê is, het sy bloot stilgebly, waarop Oprah gevra het: “They said that?” Meghan se veelbetekenende antwoord was “Potentially­.” Sover ek weet, beteken “potensieel” iets wat nog nie gebeur het nie, maar moontlik kan gebeur.

Harry beweer die voorval is voor die troue bespreek; Meghan sê ten tyde van haar swangerskap. Waarom wil hulle nie sê wie dit gesê het nie? Hulle het getoon hulle is nie regtig besorg oor hoeveel skade dit vir enigeen in die koningshuis kan berokken nie. Inteendeel.

Meghan lieg blatant deur te sê Archie­ kry nie ’n titel nie vanweë sy velkleur. Die waarheid is dat dit weens ’n bepaling deur George V in 1917 is. En niemand het dit nog weerlê nie?

William het ten sterkste ontken hulle is rassisties. En die koningin ontken dit ook in fyn bedekte woorde. Maar dit is nie die koningshuis se styl om in ’n moddergooiery betrokke te raak nie.

Waarom wyk rassisme nie uit ons wêreld nie? Meghan het nie gehuiwer om die koningin, wat haar altyd met deernis behandel het, se familie en wêreld uitmekaar te pluk terwyl haar man kritiek siek is nie. Sodat sy, Meghan­, ook slagofferstatus kan kry.

Solank as wat selfs sulke bevoorregte mense, ten spyte van veragtelike gedrag en liegstories, steeds simpatie kry, selfs op die hoogste vlak, sal rassisme lewend gehou word. Nie deur wit mense nie, maar deur “slagoffers”.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.