Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Slegs planne waarborg nie sukses

As deel van die ekonomiese herstelplan kan dele van Prasa dalk “geprivatiseer” word. Dis ’n goeie plan, maar in ontwikkelde lande was daar probleme met so ’n gedeeltelike privatisering.

Dit wil blyk of die staat dan die onderhoud, infrastruktuur en veiligheid sal hanteer. Wie gaan belê in so ’n bedryf as die ANC-kaders reeds bewys het dat hulle nie dié drie aspekte kan hanteer nie.

Haal dan die skurke uit die polisiediens en bring weer die spoorwegpolisie terug.

Op hul wagbeurt is daar op sekere trajekte baie min of geen treine nie. Stasies word weggedra en kabels word gesteel, maar niks word daaraan gedoen nie. (Dis maklik: Neem skrootwerwe wat deel in die “winste” se lisensies weg en sluit die skuldiges toe vir ekonomiese sabotasie).

Haal dan die skurke uit die polisiediens en bring weer die spoorwegpolisie terug.

Daar is oplossings, maar slegs planne waarborg nie sukses nie. Kry geld deur van die onbekwame kripvreters ontslae te raak en die kabinet te verklein. Doen dit net, Cyril, of is jy nie opgewasse teen die vakbonde nie?

Meer oor:  Mystem  |  Ekonomiese Herstelplan  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.