SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
My Stem
Smoor dié ramp gou in die kiem

Ivor Price sê in sy rubriek (19.01) dat hy vandag steeds nie seker is of hy bereid is om vir ’n land te sterf nie.

Ek kan aan verskeie redes dink hoekom mense nie bereid sal wees om vir hulle land te sterf nie.

Een daarvan is mense wat nie eienaarskap van hulle land wil of kan aanvaar nie as gevolg van historiese gebeurtenisse.

Eersgenoemde kan gebeur waar mense oor ’n lang tydperk meer soos bywoners as burgers behandel is.

Wanneer dié juk uiteindelik afgegooi word, kan hulle sukkel om te aanvaar dat die land wat hulle so stief behandel het ook húl land is.

Dié dat ek my hoed afhaal vir dié Suid-Afrikaners wat deur hierdie hel is en nogtans hul land omarm.

Húlle is die Suid-Afrikaners wat alles in hul vermoë doen om toe te sien dat daar behoorlik omgesien word na die belange van hul geliefde land.

Die feit dat sommige van hierdie voortreflike Suid-Afrikaners nog nie eiendom – ’n huis, plaas, myn of besigheid – besit nie, verander niks aan hul harts­tog om van die land ’n enorme sukses te maak nie.

Aan die ander kant trek my keel toe omdat daar Suid-Afrikaners is wat nog nie daarin kon slaag om hul pragtige land passievol te omarm nie.

Dít maak dat hulle onverskillig staan teenoor Suid-Afrika.

Hulle kyk nie net weg wanneer die staat op ’n skandalige manier gekaap word nie; hulle doen selfs mee daaraan.

Hierdie Suid-Afrikaners het ongelukkig die land se nr. 1-

vyand geword.

Heelparty van hulle sit in die voorste gestoeltes, van waar

hulle aan die dodelike verwonding van dié pragtige land meedoen.

En al is dit hoe hartseer, moet hierdie Suid-Afrikaners as ’n ramp gesien word wat poog om Suid-Afrika te vernietig.

Daar moet dringend ’n omvattende plan ontwikkel én van stapel gestuur word om dié nasionale ramp so gou as moontlik in die kiem te smoor.

Meer oor:  Ivor Price  |  Ramp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.