Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SMS'e
  • Tshwane het 10 000 haweloses en die parlementsopening kos R2 miljoen. – Hessie
  • Hoeveel kos ’n pryssanger? Dit lyk na ’n baie lonende bedryf! – Bettie
  • Die president is die drywer van die soustrein, maar Ace is die kondukteur. Hy besluit wie ry saam en wie word afgelaai. Sy magsvergrype is geen grap nie. – Ainslie
  • Kleuters by ’n kleuterskool gedra hulself beter as die nuwe klomp  mense wat in die parlement is.  – Freddy
  • Kan reëls oor “beskaafdheid” nie geproklameer word nie? ’n Wet wat wanorde in die parlement kan hokslaan? Die “rooi mag” gaan net voort met sy eise en vreemde gedrag sonder dat daar enige nagevolge is.  – M.J. Bekker
  • Is die ANC werklik sosialisties en kommunisties? Die “comrades” is groot aanhangers van kapitalisme. Kyk na hul luukse leefstyl. Wie bluf hulle? – Danie Strenger regulasies gaan niks help as dit nie toegepas word nie. Finan­siële bestuurders moet vir onbeheerde uitgawes aanspreeklik gehou word. – Gifpen
  • Daai krom lyn loop nog lekker: OB-Ace-Zuma-Guptas. Die mense dink rêrig ons is ’n dom nasie!  – Johan
Oudpres. Jacob Zuma Foto: Daily Sun

  • Die OB moet die feite regkry oor magtiging vir landing op militêre basisse. Hou op om lt.kol.  Christine Anderson te inkrimineer.  – Wally, Valhalla
  • Deursigtigheid is ’n hulpmiddel om korrupsie en wangedrag van amptenare teen te werk. Wat ons nodig het, is om instellings soos die ouditeur-generaal en openbare beskermer te evalueer. – Rex
  • Hoeveel mense wat by die Zondo-kommissie aangekla word, sal ooit opgesluit word? Dit is net ’n mors van tyd en geld. – jvandeventer
  • Wapens by skole: Dis ’n basiese reg van kinders om in ’n veilige omgewing te kan skoolgaan. Volg dieselfde maatreëls ten opsigte van veiligheid as op die lughawens. Be­veilig só ons kinders en onderwysers.  – C. du Plessis
Regter Raymond Zondo
Regter Raymond Zondo

  • Niemand hoef wapens te dra as die re­gering sy werk doen en elke burger van die land beskerm nie.  – Magda Greyvenstein
  • Die staat sal moet geld bestee om behoorlike veiligheidsmaatreëls by  alle skole in te stel. Hy kon dit gedoen het met die belasting wat betaal word, maar nee, daardie geld word gesteel en met korrupte transaksies vermors. – Daniel Adonis
  • As die dissiplinestelsel nie uit skole gehaal is nie, sou die onderwysers nie nou in dié gemors gesit het nie. Geen plek kan sonder dissipline vorentoe gaan nie! – Annemarie de Villiers
  • Kinders het te veel regte en te min verantwoordelikhede. – Katrien H.
  • Het landbouers vertroue in die ANC-regering? Dan Kriek mors sy asem. Grondonteiening sonder vergoeding is dwaas. Dit moet met alle wetlike mag beveg word. AI
  • Gesinsbeplanning is ’n goeie begin. Sekere ouers verdien nie kinders nie. Wat van oueropleiding en werkskepping? Baie gesinne leef uit asblikke.  – Daniel A
  • Waarom is die DBV oor die olifante ontsteld? Duisende wilde diere en  voëls word jare lank in hokke aangehou en hulle is tjoepstil daaroor.  – Einstein
  • Hoekom moet godsdiensonderrig afgeskuif word op skole as ons as  ouers en die kerk daar is? As skole vir elke geloof verantwoordelik moet wees, waar gaan die geld vandaan kom? – Sandra
AB de Villiers Donderdag by die bekendstelling van die Tshwane Spartans in Centurion. Foto: Gallo Images

  • Dis met teleurstelling dat ’n mens besef vanjaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi is gedoem tot mislukking weens die Engelse reënweer. Die onbesliste wedstryde gaan die gelyke kanse van al die spanne beduiwel en die puntelyste skeeftrek.  – JAP, Middelburg
  • AB de Villiers het sy eie kooi gemaak. Hy moet daarop slaap.  – Mac,  Blue Downs
  • Bulle, daar is ’n skare te lei. Daar is ’n woeste stryd te stry. Saterdag staan die skare sterk, want die Bulle gaan die Leeus se gal werk!  – Sini
  • Uitstekend, Junior Bokke, maar die Franse gaan ’n ander span wees as ’n ondergemiddelde Junior All Black-span. – Hein, Pta
  • Mense kla oor alles en is nooit gelukkig nie. Is dit in hul DNS? Honde wat blaf, swak sepies en ander twak. Mense raas en honde blaf. Wat is die verskil? – DB
  • Dit is ontstellend dat arme hawelose mense doodgemaak word. Wat kan die motief wees? Ons samelewing kort dringend opvoedkundige aandag. – Ouma Lies, Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.