Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SMS’e

Ek ondersteun Angus Buchan se siening heelhartig dat die uitlewing van die ewige waardes en beginsels van die Bybel moraliteit en verdraagsaamheid in ons beleërde land sal bevorder. Dit staan wel in skrille kontras met sy verdelende uitspraak oor die “uitverkore” Afrikaners en Jode. Verder sê hy dat die hele Bybel letterlik opgeneem moet word. Dit sal noodwendig meebring dat strafreg en strafmaatreëls drasties aangepas sal moet word. Hier word byvoorbeeld gedink aan openbare steniging. – Daan, Linden

Jacob Zuma

Angus “wou SA nie verdeel”, maar tog het hy op vorige byeenkomste moeilikheid tussen man en vrou veroorsaak met sy uitsprake. – Stella

Aan Waarnemer: Ek wonder hoeveel mense het jy al tot bekering gebring? Ek weet Angus Buchan het meer mense tot bekering gehelp as al die predikante en pastore in dié land. Dankie, Angus. – Abraham, Pretoria

Angus Buchan, noem asseblief jou byeenkomste Buchan-byeenkomste en nie ’n Afrikaner-byeenkoms nie. Nie alle Afrikaners wil met jou selektiewe Ou Testamentiese verbondsiening geasso­sieer word nie. – Walter, Melkbosstrand

Ek staan verstom oor Gerhard Nel, wat verkondig dat teologie ’n wetenskap is. Wonder wat is volgende? – Andrew

Ai tog, Jan-Jan Joubert, so Helen Zille moes liewer lieg om sodoende swart steun te werf. Onthou, al loop ’n leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel. My eie ou volkie het darem ook onder die Engelse juk gely, maar ons beweeg aan sonder om gedurig ou koeie op te grawe. – Dirk Bouwer, Eldoraigne

Al verskyn Zuma elke dag vir twee maande voor die Zondo-kommissie, sal dit geen verskil maak nie. Hy ontken staatskaping en sy betrokkenheid daarby en sal nooit die waarheid vertel nie. Mors van tyd. – Jay, Durban

Zuma se siekte het ’n naam: litikafobie – die vrees vir hofsake (veral as jy uit jou eie sak vir jou regskoste moet betaal). Christo

Angus Buchan op ’n byeenkoms.

Dink net hoeveel was Jacob Zuma se reiskoste met ses vroue en 23 kinders. – Nella, eMalahleni

Groot beleggings na Suid-Afrika en moontlikheid van werkgeleenthede is goeie nuus op voorwaarde dat dit nie maar net sal lei na nog meer stakings nie. – Hc, Pta

Wanneer al die buitelandse beleggings inkom, dink tog aan al ons pensioentrekkers wat met R60 per dag moet klaarkom! – Oom Willem

Groot gewag word gemaak van munisipaliteite se skuldlas en niebetaling vir dienste gelewer. Maar wie het hierdie kultuur geskep? Die ANC in die struggle en dit het eenvoudig oorgespoel na die 25-jaar-post-oorgang. Nou, in die knusse regeringskussings, kan die ANC nie die gevolge van sy eie afbrekende strategie omkeer nie. – Denis Venter, Die Wilgers

Die kultuur van niebetaling, brandstigting as deel van protesveldtogte en toenemende werkloosheid maak dat enige regeringsplan by voorbaat rommelstatus geniet. – Joe

As ek so kyk na al die luukse kerkgeboue van miljoene rande wat soos paddastoele opskiet, is dit tyd dat kerke begin belasting betaal. Dit sal meer as genoeg wees om Eskom se skuld te delg. – Danie Hamman

Kan iemand nie aan Boris Johnson ’n kam skenk nie? – Melody Pieterse

Handré Pollard in sy hospitaalbed.

Cobus Kellermann, vier jaar gelede is jy van betrokkenheid by ’n Ponzi-skema beskuldig en alles om jou stort ineen: jou goeie naam, jou besigheid, jou lewe. Daar word vier jaar gesloer voordat jy onskuldig bevind word. Hoe is dit moontlik dat so ’n groot onreg gepleeg kan word? – Elise H

Die beste ding wat ek vandeesweek oor RSG gehoor het: As dit al die tyd goed gaan, kan ’n wonderwerk nie gebeur nie! By myself gedink: Ja, as dit heeltyd so sleg gaan soos in ons land, moet daar êrens ’n keerpunt kom. Dankie, Bokke! – Henna, Pretoria

Ag, ek is so jammer, Handré Pollard. Toe die Klippies en sigare my nie kalmeer, pik ek op jou! Jy is taai soos ’n ratel, af wangbeen en al. – Liz, Pretoria-Oos

Die Wêreldbeker-eindstryd se 80 minute was in vergelyking met hul uitgerekte Brexit vir die Engelse ’n moerse bliksemslag! – Hans Retief, Pretoria

“Cheering fans turn up in their thousands to see the Springboks in Soweto.” Om van te huil, nè, Steve Hofmeyr. – Cpot

Waarom het joernaliste en kommentators die neiging om tot vervelens toe aan te hou om gedurig te verwys na korterige sportmanne se lengte? Die terme “Bok-buks” en “diminutive” is regtig onnodig. Baie van hierdie sportsterre het hul vermoëns al oor en oor bewys. – Kobus du Toit

Faf, al wat krieketliefhebber is, sal julle vergewe as julle die Engelse op die krieketveld ook ’n “rugbyles” kan leer. – Marthinus Bekker

Meer oor:  Sms’E
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.