Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SMS’e

Ek het verneem dat Herman Mashaba begin met ’n aksie vir welmenende Suid-Afrikaners en teen die huidige politieke bestel in ons land wat nie werk nie. Lesers en Herman, kom nou met idees vir ’n nuwe politieke bestel! – Frans, Pretoria

Eskom

Dit is met absolute misnoeë dat ek hier in die stikdonkerte lê weens beurtkrag en die SMS aan Beeld stuur. Die land het ons getroue belastingbetalers verraai. Ek is so teleurgesteld – en dis sagkens gestel. – Linda Tait

Ek glo nie ’n woord wat Jan Oberholzer van Eskom oor die oorsaak van beurtkrag sê nie. Dit gaan oor tariefverhogings en niks anders nie. – Gert, Villieria

Is Eskom nou besig om staatskaping toe te pas? – Danie Erasmus, Kriel

Verwag Eskom ons moet glo dat dit sedert 1923, toe hy gestig is, nou so vreeslik reën dat die steenkool nat word? Asseblief! Net nóg ’n flou verskoning vir onbevoegdheid, of liewer ’n doodgewone slapgat- houding. Dink hulle ons is almal nat in die kop? – Nerine, Witrivier

Met die sewes-rugbytoernooi in Dubai die naweek het dit geblyk dat Fidji Airlines die Fidjiane se rugbyborg is. In Suid-Afrika moet die belastingbetalers die SAL borg. Ag, shame. – D. Steyn, Boksburg

“Wit rassiste”: Die rooi brigade soek net aandag. Swyg. Moenie saamspeel nie. – CDB, Pretoria

Julius Malema

As ou Julius so te kere gaan oor wit mense, wonder ek wie is die grootse rassis. Nee, ou, vee eers voor jou eie deur en dan kan jy sulke nonsens praat. – Hennie, Pretoria

Die vrou wat deur die Tshwane-metropolisielede aangerand is, moet ’n siviele eis teen hulle instel. Dit is skandalig wat hulle doen. Hulle doen net wat hulle wil en kom weg daarmee. Ek is bereid om by te dra tot haar regskoste en glo daar is nog mense wat dit sal doen. – André, Pretoria

Die vakbonde kort ’n Kersbonus vir hul harde werk. Gee vir hulle die SAL. – Chris van Zyl

Genugtig, hoe lank gaan die groot verdwyn nog voortduur? Gekonfiskeerde vuurwapens wat uit polisiekluise verdwyn, tonne renosterhorings by Sanparke, drie ton gestroopte perlemoen by visserye, ens. Hel! – Johan van Pta

Hoewel Hunter en Jazz (die kameelperd en die hond) se “storie” eintlik ’n hartseer einde het, het dit my hart sommer warm laat klop. Die mens kan leer uit die natuur. Die wêreld sal sommer ’n beter plek wees as mense soveel deernis, liefde en warmte vir mekaar het as die twee diere. – Daleen, Noordwes

Dankie, Niël van Vuuren, vir die treffende skets om Wim Bosman te groet. Die trane is ook myne. – Martie

Meer oor:  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.