Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SMS’e

Ag nee wat, local is lankal nie meer lekker met al ons moorde, korrupsie en politiekery nie. Maar ons sal ons swaarkry met lekkerkry klaarkry. – Joe

Pres. Cyril Ramaphosa, terwyl jy praat oor langtermynplanne en local is lekker, is daar ’n krisis wat besig is om te ontvou in Senekal. Miskien is dit tyd om regtig vir alle Suid-Afrikaners op te staan, leierskap te toon en Suid-Afrikaners in Senekal te gaan toespreek. Kry Julius Malema en sy trawante onder beheer. Wat nog ’n stille oorlog is, gaan môre dalk in ’n openlike oorlog ontaard wat jy kon gekeer het. – C. du Plessis

Noudat die boere opleiding ontvang in selfverdediging, is die regering weer onrustig daaroor en gaan dit monitor. Los die boere uit. Hulle gaan self die dinge doen. – Liza, Mpumalanga

Bheki Cele

Boere sal die vuur kan hanteer as dit uitbreek. In dié stadium is dit die “slim” en arrogante Julius Malema wat die probleem is. Openlik is hy die opstoker sonder dat Bheki Cele en die regering enigiets daaromtrent doen, terwyl André Pienaar vir dieselfde klag toegesluit is. – Michael Steyn

Anoniem se SMS (15.10): Jy praat die waarheid. Die Brand-gesin in Hartswater wat sowat drie maande gelede vermoor is, was familie van my. Die bose en duiwel is baie besig en daarom moet ons net bid dat God reg en geregtigheid sal laat geskied. Want Hy bly in beheer tot die einde. – Petro Ey­sele, Pretoria

Agrizzi in die hospitaal. Het Schabir Shaik sy bed vir hom warm gehou? – Andrea van Vuuren

Hoera vir Donald Trump, wat ouers in Amerika aanmoedig om kinders terug te stuur skool toe. Hoop van harte ons eie president sal sy voorbeeld volg. – Opgewonde Ouma, Boksburg

Vaalrivier

Vaalrivier-projek: Betaal die geld aan die maatskappye wat getender het en dadelik wil begin werk. Die werknemers van daardie maatskappye kry swaar. Tans is daar geen kos op die tafel nie. Daar sal weer werk geskep word vir alle rasse soos by die vorige sanitasie-aanleg in Randfontein. – A., Pretoria

Elize van Klerksdorp, jy is baie gelukkig. Ons belastingopgawe is reeds 44 werkdae gelede ingedien. By navraag is gesê daar is niks fout nie, hulle verstaan nie waarom dit nie uitbetaal is nie. – Bets, Roodekrans

Willie Spies: Ek glo nie die Afrikaner-Lesotho-idee gaan werk nie. Dit gaan beteken ons moet almal ons huis, plaas en onderneming verlaat en op ’n ander plek gaan bly. Kan nie sien hoe ’n menigte so iets gaan doen nie. En waarheen? Jy kort ’n gebied met water, vermoë om elektrisiteit op te wek, toegang tot ’n hawe. In hierdie dae daag jy nie meer sommer net met gewere by ’n plek op en noem dit nou joune nie. – Dom Onnosel

Willie Spies se rubriek oor koning Moshoeshoe: Interessante stukkie geskiedenis wat jy seer sekerlik nie in ons huidige geskiedenisleerplan sal vind nie. Mag Senekal genade ontvang om vreedsaam te staan vir dit wat reg is. – Lily Roberts

Dit sal net regverdig wees as Mymoena van Suidooster vir haar ook ’n paar ekstra mans kry om haar gelukkig te hou of mag vroue dit nie doen nie? As dit die geval is, word daar teen vroue gediskrimineer, of hoe? – Leser, Pretoria

Lee Thompson, voormalige Bachelor, wie stel nou regtig belang in jou storie en boek? Ek dink jy wil seker ’n paar ekstra dollars maak. – Es, Johannesburg

Ek is moeg vir radio en TV. Nou lees ek weer boeke. En wat ’n wêreld gaan weer opnuut oop! En daar is soveel tweedehandse handelaars met baie goedkoop boeke. – MHG

Ek sluit die sportnaweek môreaand af met die NFL-voetbalwedstryd tussen die Cleveland Browns en die Pittsburgh Steelers. Skouspelagtiger sport sien jy nie sommer op TV nie. Dankie daarvoor, DStv. – Nico, Moreletapark

Pieter-Steph du Toit

Rugbyspeler van die dekade: Pieter-Steph du Toit verdien die benoeming. Duane Vermeulen is ongelukkig om nie op die lys te wees nie. Hulle is Suid-Afrika se ysters wat oor die wêreld heen respek afdwing met hul spel. – F.J. Pool

Daar is net een wenner: Richie McCaw. – André Schoeman

Waar is Schalk Burger? – Lukie Carelson

Bokke onttrek: Ek dink dit is ’n wyse­ besluit. Ons het maande nie gespeel nie. Oorsee speel hulle al ’n paar maande en dit sal onregverdig wees. En hulle sal met ’n klomp beserings huis toe kom. – Koos Pelser

Uiters swak beplanning deur Rassie Erasmus en Saru. Eintlik sê ons nee jammer, ons kan nie deelneem nie, want ons weet ons gaan nie wen nie. Uiters swak. – Dewald Strydom

Watter verskonings gaan ons nou weer moet hoor as die Cheetahs die Curriebeker wen? – André H.

Meer oor:  Sms'e
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.