Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Sms’E

Stuur Sms’E na 32515

My liewe magtig. ’n Vermeende moordenaar mag op borgtog van R5 000 vrygelaat word omdat hy ’n gesin het om voor te sorg, maar iemand soos André Pienaar moet borgtog van R15 000 betaal as hy ’n opruiende toespraak van agterop ’n bakkie afsteek. – Danie du Plessis

As voormalige geregsdienaar vind ek die chaos by die SAPD se forensiese afdeling skrikwekkend. Die forensiese afdeling is reeds oor die afgrond. Daar word ook, by implikasie, grootskaalse regsverydeling gepleeg. Die situasie is tragies. Dirk, Honeydew

Die megaboer Nick Serfontein vra wat die “bikers” in Senekal soek as hulle nie boere is nie. Die motorfietsryers het die boere se saak ondersteun en die moord op Brendin Horner veroordeel. Johan, Elspark

Die “bikers” was darem ook opregte mense wat maar net simpatie en solidariteit met die boere wou betoon. Moet asseblief nie hul hande wegklap nie. Corna Barnard

Nick Serfontein

Serfontein moet pasop om mense te veroordeel wat meegevoel betoon met die boere se saak. Later gaan niemand meer die boere wil bystaan nie. Kritiseer liewer die megaboere en groot kapitaliste wat heul met die ANC en die EFF. FJ Pool

Ons is baie dankbaar vir elke persoon, onder andere motorfietsryers, wat die plaasmoorde veroordeel en deel is van die bewusmakingsveldtog. Saam kan ons baie meer bereik. Catharina Bezuidenhout

My trane vlek vanoggend nat kolle op die koerant terwyl ek lees van die brande in die Vrystaat. Mia, Pretoria

Joe Biden

Die finale presidensiële debat tussen “Me! Me! Me!” Trump en “Sleepy Joe” was maar net nog ’n sinnelose oefening. Dit het slegs vermaaklikheidswaarde as ’n mens werklik niks anders het om na te kyk nie en slapeloosheid jou beetgekry het. Kruger van der Merwe

Die grusame foto’s van doodgebrande beeste in die Vrystaat herinner my aan soortgelyke beelde uit die Anglo-Boereoorlog. Dis beelde van dood en verwoesting. Philip, Potchefstroom

Hou asseblief op kla oor die taalgebruik in Getroud met rugby. Die nodige waarskuwings word mos vooraf geplaas en ouertoesig word voorgestel. En onthou, dit gaan oor rugbywedstryde, nie kinderkransdanse nie. Chris, Doornpoort

Ek sien dat die voormalige Eskom-hoof Brian Molefe sy weelderige huis in die mark gesit het. Is hy moontlik bang dat die Valke daarop beslag gaan lê? Bill Dutton, Hartswater

Mag Sedisa Tikoe and Chris Mphana, wat mense valslik van rassisme beskuldig het, lank agter tralies sit. Wat hulle gedoen het, is afgryslik en uiters agterbaks. In ’n tyd waar die EFF soveel rassehaat aanblaas, is hierdie soort optrede totaal onaanvaarbaar. Hulle behoort die maksimum vonnis opgelê te word. Lukie Carelsen

Die koronavirus-tameletjie waarmee die Leeus opgesaal sit, bewys hoe maklik sake weer kan handuit ruk. En tog is laksheid onder die publiek besig om toe te neem. Joe

Mense in die Noordelike Halfrond was ook moeg vir die Covid-19-voorsorgmaatreëls en kyk hoe styg die infeksies. Natuurlik is daar nou ook vir die eerste keer beperkings op die gebruik van alkohol in sommige Europese lande. MG

Dit verstom my dat Panyaza Lesufi private regsfirmas gebruik om klagte teen onderwysers te ondersoek. Dit, ten spyte van arbeidsregtelike prosedures en regulasies tot sy beskikking. Gaan die SAOU ook hierdie onderwysers bystaan en ter wille wees? Of is daar reeds besluit dat hulle skuldig is? Deon Bekker, Alberton

Ek is jammer oor die Marikana-weduwees se verlies. Maar die polisie het in selfverdediging opgetree. Enig­iemand sal terugskiet wanneer hulle met spiese en knopkieries aangeval word. Hulle het hulself kragtens wet verdedig. Anna, Pretoria

Gerrit Schoonhoven

Die dramadepartement van die destydse PUK het uit een groep drie sterre opgelewer: die regisseur Gerrit Schoonhoven, die aktrise Sulette Thompson en die akteur AJ van der Merwe. Dis hartseer dat Gerrit nie weer ’n meesterstuk sal regisseer of nie weer sy verskyning iewers as akteur sal maak nie. Hy het gewoeker met sy talente en soveel nagelaat waarvoor hy nog lank onthou sal word. Marisa, Germiston

Ons voel nes Rapule Tabane. Ons is versigtig optimisties oor die inhegtenisnemings, maar nie oortuig nie. Die klein vissies word voor die bus gegooi en die groot visse swem nog lekker in die geld. Ons wag in spanning om politici wat alles van bo af beknoei, agter tralies te sien. Katrien H

Meer oor:  Sms'e
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.