Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SMS’e

Stuur Sms’e na 32515

Hoeveel werknemers van Eskom en die SAL is bereid om op ’n vryskutbasis sonder werkgewerspensioen en mediese fonds te werk? – Joe

As die SAUK verdere besparings soek, kan die raad afgedank word. Kan genoeg wees om RSG te red. – Louis, Pretoria

Ek verwys na die berig oor RSG en Magdaleen Krüger: Is sy een van die 13 vaste werknemers wat nie ’n brief gekry het nie? As RSG dan gaan uitbrei, hoekom dan nou afleggings? Dit maak nie sin nie.– Ben Jordaan, Sinoville

Is Bheki Cele van mening dat hier in Suid-Afrika nie kenners is om die korrupte polisiebeamptes uit te kry nie? Hier is baie kenners. Waarvoor Scotland Yard en die FBI betrek? – Annie, Silverton

Jacob Zuma se jakkalsdraaie voor die Zondo-kommissie wys hy het nooit geleer nie dat as ’n mens een keer lieg, word jy nie geglo nie, al praat jy ook die waarheid. – Hans Retief, Pretoria

Theo Venter

Ek hoop nie Theo Venter is as politieke kommentator vir die land verlore nie. Geniet jou aftrede, Theo. Mag ons ná dese meer van jou hoor en sien in die media. – Jan, HBF

FW: “Ek het Mandela gewaarsku.” Snaaks, baie snaaks. – Andrew

FW de Klerk sê sy hervormings was om ’n bloedbad te voorkom. Wat gebeur daagliks op ons plase en in ons huise en ondernemings? – Seef Breyten

Boere: Julle lyk heel paslik netjies in jul kortbroeke. Moet julle nie steur aan die “suur” klaers nie. – Johan Strydom, Parys

Die duidelikste teken dat jou mening die kol getref het, is kleinserige reaksie sonder inhoud en persoonlike aanvalle. Dit herinner aan jakkalse by ’n prooi. – Dawie Jacobs

’n Toneel uit Duiwelspoort.

Ek wil net die skrywer en Netwerk24 gelukwens met 48 Duiwelspoort-episodes. Briljant gedoen. – Chris

Beeld, julle het my dag gemaak met die bylae oor mediese fondse. As nie een van hulle jou kan “genees” nie, het jy altyd die laaste opsie op die laaste bladsy, Avbob. Dit is klassiek. – Basie Smit, Wonderboom-Suid

Baie dankie vir die Spar-geskenkbewys in Wen met Beeld – dit is baie welkom met Kersfees net om die draai. – Gawie Keyter, Randfontein

Die Engelse taal het baie strikke. Vertel nou ’n skoolkind dat die woord “laughter” anders uitgespreek word as die woord “daughter”. – Leni

Donald Trump is sertifiseerbaar mal. Piesangrepublieke, soek julle ’n president? Hier is een present. – Kerneels Dempers

Rugby

Donald Trump is nou maar eenmaal ’n mafiaspeler vir wie alles oor geld gaan. Hy sal Amerika aan Rusland verkoop vir geld. – Henk Vorster

Trump sal in 2024 terugkom en weer vir president staan. En hopelik wen. – Mollie

Ai, was “Jerusalema” dan al liedjie om ons te laat saam dans en sing? Dit is so treffend, maar waar is die ander kunstenaars? – Lus vir Dans

Rita se sjokoladekoek in Beeld se Komkommertyd-kookboek is die lekkerste tot nog toe en ondermyn alle planne om ’n paar kilogram af te skud. – Nina, Johannesburg

Jake White, as ’n Stormer-ondersteuner sê ek geluk. Julle is boaan die lys en verdien dus om te wen. Geniet dié een en mag julle die res van dié jaar steeds mooi rugby speel. Dit is nie lekker om in die koerante te lees wat in die Kaap aangaan nie en as dit waar is dat sommige spelers nie ’n kontrak wil teken totdat die dinge in die raadsaal opgelos is nie, is dit ’n kwade dag. – Riaan Esterhuizen

Dié wat dink spoeg op ’n sportveld is geregverdig: Ek het sewe jaar provinsiale rugby vir Transvaal gespeel. Ek praat van spelers soos Piet Greyling, Kevin de Klerk en meer. Niemand het ooit op die veld gespoeg nie. Dat die speeksel dik word, is nonsens. Dis slegs ’n swak gewoonte. – Oscar, Linden

Nardus, die gespoeg op die rugbyveld glo ek is dalk genoodsaak en definitief nie ’n slegte gewoonte nie. – Barry

Nardus, hoe is die groet ná ’n rugbywedstryd gevaarliker as die voorafgaande skrums, lynstane, losgemale en ander lyflike kontakte? – Realis

As 80-jarige tannie het ek ’n oplossing vir die spelers wat so spoeg op die veld. Laat hulle almal maskers dra en daarin spoeg. Dan sal die veld skoon bly en geen kiem versprei nie. – M. Smit, Wonderboom-Suid

Realis, as rugbyspelers te veel dik speeksel in die mond kry, is daar mos darem die keelgat waarin dit kan verdwyn. – Leser, Pretoria

Meer oor:  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.