Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Só bepaal vroue mans se bydrae

Ek stem heeltemal saam met Lallie van Caledon dat mans net sowat 20% in die huis help. Daar is ’n baie goeie rede vir hierdie stand van sake.

Jan trou met San en help fluks in die huis, want daar is beloning vir sy bydraes. Dan kom Kleinjan en San kan nie meer so baie tyd aan hom afstaan nie, want sy moet vir Kleinjan op die regte pad kry. Belonings word minder en Oujan dra al hoe minder by.

Dan verlaat Kleinjan die nes, en trou. En dan begin die skoonma-skoondogter-stryd.

San se fokus is eensklaps verlore. Dan “sien” sy weer vir Oujan en besluit hy sal die “verlore” kind in haar huis vervang. Die gevolg is dat San beheer oor hom neem.

Sy vertel hom wat hy moet doen, hoe en wanneer hy dit moet doen. Oujan verdra dit ’n ruk en dan begin hy terugveg – kry ’n huiswerker en as hy help, saboteer hy deur die werk so ’n bietjie op te mors.

As Oujan baie slim is, dan kan hy maklik die persentasie tot 10% afbring, en steeds die harmonie in die huis op ’n aanvaarbare vlak hou.

Meer oor:  My Stem  |  Huiswerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.